Klipwerf Boereorkes – waar goeie musiek, lekker kos en ‘n goeie doel bymekaar kom!

  • Date : September 19, 2026 - September 20, 2026
  • Time : 7:00 pm - 11:00 pm (Africa/Johannesburg)
  • Venue : @The Fire, Landbou Road, Kimberley
Klipwerf Boereorkes – waar goeie musiek, lekker kos en ‘n goeie doel bymekaar kom!

Kom kuier saam vir ‘n aand vol musiek, pret en gemeenskapsgees!

Caritas Gemeenskapsfokus nooi jou en jou familie uit om saam met Klipwerf Boereorkes ‘n onvergeetlike aand te geniet. Terwyl jy lekker kuier en dans op geliefde boeremusiek, help jy ook om ‘n verskil te maak in die lewens van weerlose kinders en gesinne in ons gemeenskap. Jou ondersteuning dra direk by tot die voortsetting van Caritas se belangrike dienste.

Maak die aand nóg lekkerder deur iets heerliks te geniet by ons uitgesoekte kosstalletjies, waar daar ‘n verskeidenheid eetgoed te koop sal wees. Bring jou eetlus, jou dansskoene en jou familie vir ‘n aand van goeie musiek, lekker kos en samesyn.

Moenie hierdie besondere aand van musiek, samesyn en omgee misloop nie!

Klipwerf Boereorkes – waar goeie musiek, lekker kos en ‘n goeie doel bymekaar kom!